Unlimited Powerpoint templates, graphics, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Business
  2. Presentations
Business

20 PPT Template: Vir Eenvoudige, Moderne PowerPoint Aanbiedings

by
Length:LongLanguages:
This post is part of a series called Microsoft PowerPoint Templates (Ultimate Guide to the Best PPT).
30 Best Pitch Deck Templates: For Business Plan PowerPoint Presentations
25+ Creative PowerPoint Templates - For Presenting Your Innovative Ideas

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Kom jou aanbieding sperdatum al hoe nader?

Dit kan baie tydsaam wees om al die elemente bymekaar te kry om ‘n aanbieding te maak: skep ‘n interessante storie, vereenvoudig jou data, kry al jou grafika bymekaar, ontwerp jou skyfies en kry alles reg. 

Jy het ‘n kamer vir wie jy ‘n goeie aanbieding moet lewer, en om dit goed te doen, het jy ‘n boodskap om by die huis te oefen. Die laaste ding waarmee jy wil sukkel is al die klein goed van PowerPoint.

Wat jy nodig het, is ‘n aanbieding templaat wat dinge eenvoudig maak – soos ‘n bietjie vars lug. So, jy kan ‘n aanbieding ontwerp skep wat verwelkomend voel en jou handelsmerk goed bemark.

Op die Envato Mark het ons altyd minimalistiese styl ontwerpe wat bo op die weeklikse beste verkoper PowerPoint Template lys is, soos gewys in die geronde boksies hieronder:

Simple PPT Templates - Best Sellers
Beste verkopers van eenvoudige PPT Template – beskikbaar op die Envato Mark (GraphicRiver)

Die Skoonheid van Eenvoud

In hierdie artikel het ons ‘n saamgestelde reeks van eenvoudige PowerPoint template. Hierdie PPT template bied ‘n interessante kombinasie van moderne funksies en maklik om te gebruik aanbieding opsies. En hulle almal het kreatiewe ontwerpe wat in ‘n minimalistiese styl geskep is. So, jy kan vinnig ‘n aanbieding in PowerPoint skep en ‘n pragtige uitkoms kry.

PowerPoint Template op Envato Elements

As jy opsoek is na eenvoudige en buigbare PowerPoint template, is ‘n goeie plek om te begin soek die aanbieding template op Envato Elements.

Simple presentation templates on Envato Elements

Byvoorbeeld, die Simpleco animasie ryke templaat offer ‘n eenvoudige, minimalistiese ontwerp met ‘n groot reeks van 93 skyfie template om van te kies. Al die kaarte, infografika en prys tabelle wat jy kan benodig is ingesluit, en dis maklik om die teks met jou eie inligting te vervang.

SImpleco PowerPoint template on Envato Elements
Simpleco PowerPoint templaat op Envato Elements 

As hierdie nie heeltemal is waarna jy opsoek is nie, kan jy baie elegante PowerPoint template op die Envato Mark kry. Ons sal na die beste van hulle kyk in die volgende afdeling.

Eenvoudige PPT Template – Met Minimalistiese Ontwerpe

Hier is twintig moderne PowerPoint template met pragtige, minimalistiese styl ontwerpe:

1. Eenvoud – Maklik Aanpasbare PPT Templaat

As jy opsoek is na ‘n buigbare aanbieding templaat wat maklik is om aan te pas, dan is Eenvoud ‘n goeie keuse. Dit het ‘n skoon, minimalistiese ontwerp en ‘n verskeidenheid professionele aanbieding opsies. Dit meng veelsydige ontwerpe met eenvoudige styl.

Simplicity PowerPoint Template
Eenvoud PowerPoint Templaat - skyfies

Dis ook hoog geag onder die GraphicRiver gemeenskap. Jy kan sien hoe positief die terugvoering is vir hierdie templaat:

Simplicity PowerPoint Template - customer feedback
Eenvoud PowerPoint Templaat – kliënt terugvoering

2. Die Eenvoudige Templaat – Skoon PPT Ontwerp en Maklik om te Gebruik

Die Eenvoudige Templaat hou sy funskies min, sodat jy vinnig ‘n minimalistiese aanbieding kan skep. Dit kom met 33 uitgesoekte skyfies, so dis makliker om te gebruik as ‘n tema met meer as 500.

Geen skaduwees, lelike grafika of onnodige moeite nie, net skoon aanbieding skyfies. Hierdie PPT templaat is: maklik om op te stel, eenvoudig om mee te werk, en maklik om te verstaan. Op hierdie manier, kan jy meer fokus op die inhoud van jou aanbieding.

The Simple Template Clean PPT Design

3. Balans – PowerPoint Aanbieding Templaat

As jy opsoek is na ‘n kreatiewe PPT Templaat, met ‘n minimalistiese ontwerp, dan is Balans ‘n fantastiese keuse.  Dit bied moderne skyfies met dinamiese gebruik van vorms om foto’s in te pas en jou skyfies aan te bied met gebalanseerde grasie. Dit bied baie fonts en titel kaarte met prentjie uitlegte.

Of jy nou voorberei om ‘n kreatiewe besigheids idee aan te bied, of jy moet ‘n belangrike toespraak lewer, kan jy ‘n pragtige PowerPoint aanbieding maak met hierdie templaat.  Dit kom met meer as 100 unieke PowerPoint skyfies, 50 vorm infografikas, en vele meer. En dis opgestel vir gemak en aanpassing met funksies soos gly en laat val objek plekhouers.

Balance - PowerPoint Presentation Template

4. Eureka – Minimalistiese PPT Templaat

Hierdie PowerPoint templaat bied ‘n skoon, moderne ontwerp. Dit kom met maklik aanpasbare kleure, vorms, tekste en kaarte. Dit het ‘n volle reeks van meer as 200 minimalistiese styl templaat skyfies. Met eenvoudige en dinamiese vorms, soos verfkwas lyne, is daar verskeie kreatiewe aanbieding opsies.

Dit het ook hoë graderings en goeie terugvoering van gebruikers, soos “Uitstekende kwaliteit en buigbare struktuur. Die perfekte keuse vir bemarkings aanbiedings”. ‘n Ander kliënt, “Die groot verskeidenheid grafika en ontwerp laat oneindigende opsies vir aanpassing toe”. Hierdie is ‘n maklik om te gebruik, veelsydige en kreatiewe PPT templaat om te gebruik vir jou volgende aanbieding. 

Eureka - Minimal PPT Template

5. Prisma – Minimalistiese PowerPoint Templaat Bouer

Om ‘n pragtige aanbieding te bou is soveel makliker met ‘n hoë kwaliteit PPT templaat. Prisma is ‘n robuuste tema, met meer as 2000 unieke skyfie ontwerpe en ‘n aantreklike minimalistiese ontwerp.  Dit het meer as 3000 vector ikone, data kaarte, gallerye en meer. Alle elemente is aanpassbaar in PowerPoint, sonder die nood vir enige ander sagteware soos Photoshop.

Dit het gly en laat val plekhouers en vriendelike funskies om mee te werk. Met die Prisma PowerPoint templaat bouer, kan jy vinnig ‘n professionele stel skep met ‘n goeie ontwerp – sonder dat dit dae vat om dit te ontwerp! 

Prism - Modern PPT Template

6. Vidova – Moderne PPT Aanbieding Templaat Ontwerp

Wen besigheid en beïndruk die gehoor met hierdie minimalistiese PowerPoint templaat. Dis ‘n eenvoudige ontwerp met moderne uitlegte en gekomponeerde tipe gebruik.  Dit bied ook dinamiese vorms wat die verskeidenheid skyfie ontwerpe omvat, van sirkel gebasseerde uitlegte tot driehoeke, vierkante en skuins foto snitte.  Daar is meer as 100 skyfie ontwerpe om te gebruik om jou gehoor te beïndruk en ‘n goeie aanbieding te skep!

Vidova - Modern PPT Presentation Template Design

7. Summit 2 – Multi Ontwerp PowerPoint Templaat

Hierdie is ‘n multidoel PPT templaat met ‘n skoon en kreatiewe ontwerp. Daar is vyf temas en honderde unieke skyfie ontwerpe. Dit het ‘n interessante kombinasie van uitlegte wat foto’s, data en vektor ikone gebruik.

All die grafika is aanpasbaar. Jy kan maklik die kleur skema verander, jou elemente intrek en laat val en vinnig ‘n minimalistiese styl aanbieding ontwerp!

Summit 2 - Minimal PowerPoint Template

8. Chiara – Moderne PowerPoint Templaat 

Chiara is ‘n moderne PPT templaat met ongekompliseerde gesofistikeerdheid. Dis maklik om aan te pas met geen sagteware behalw PowerPoint.  Daar is bietjie meer as 50 unieke skyfie ontwerpe, ‘n gesonde verskeidenheid uitlegte, maar nie genoeg om oorweldigend te wees nie.

As jy ‘n goeie aanbieding teen môre moet klaar hê, is hierdie ‘n pragtige ontwerp om mee te werk. Jy kan jou span en besigheids idees met styl aanbied.

Chiara - Modern PowerPoint Template

9. ProStar – Eenvoudige PowerPoint Templaat

Hierdie skoon PowerPoint besigheids templaat werk goed om jou span op datum te hou met die jaarlikse verslag, om besigheids plan aanbiedings te lewer of om ‘n verkoops aanbod te maak. Dit is veelsydig en gepak met genoeg unieke skyfie ontwerpe om ‘n verskeidenheid aanbieding benodighede te bevredig.

Die vars ontwerp word gekomplimenteer deur ‘n tekstuur ryke agtergrond wat soos ‘n helder blou ster lyk. Bied jou aanbieding op ‘n professionele manier aan jou gehoor – met net ‘n spikkel kreatiwiteit!

ProStar - Simple PowerPoint Template

10. Lotus – Eenvoudige Multidoel PPT Templaat

Hierdie lig tema, minimalistiese PPT templaat is stil en professioneel – wat jou toelaat om ‘n aanbieding te skep wat jou gehoor geduldig benader en bou tot ‘n klimaks. Dis eenvoudig en goed gemaakte uitlegte gee jou ‘n verskeidenheid uitleg opsies om van te kies. 

Dit sluit ‘n verskeidenheid unieke skyfie ontwerpe in om jou maatskappy en span uit te stal, asook vyf voorafgemaakte kleur temas en maklik aanpasbare infografiese uitlegte, kaarte en duisende ikone. Of jy ‘n innoverende maatskappy of ‘n kreatiewe entrepreneur is, bied Lotus ‘n kreatiewe oplossing vir jou aanbieding behoeftes!

Lotus - Simple Multipurpose PowerPoint Template

11. Square – Moderne PowerPoint Templaat

Hierdie minimalistiese PPT Templaat bied 50 hoë gehalte skyfie ontwerpe. Daar is ‘n lineêre vierkant en lun motief wat deur die ontwerp loop. Dit bied ook treffende elemente wat die verskeidenheid moderne PowerPoint skyfie uitlegte saambind.

Maak ‘n treffende aanbieding met gemak! As jy ‘n innoverende maatskappy besit, of as jy ‘n kreatiewe konsep aanbied, is hierdie templaat ‘n goeie keuse om te gebruik. Dit het bie kreatiewe opsies, maar so baie dat dit oorweldigend is nie.

Square - Modern PPT Template

12. Komand – PPT Besigheids Tema

‘n Suksesvolle aanbieding benodig dat jy jou idees saam bring om verstaanbare en dwingende punte te maak. Komand is ‘n minimalistiese PPT besigheid templaat wat jou help om jou skyfie ontwerpe skoon te hou en jou boodskap duidelik oor te dra. 

Hierdie templaat het bietjie meer as 100 unieke skyfies, met volle animasies, meester skyfie opset, verskeie skyfie uitlegte, infografiese aanbieding opsies en meer – met ‘n minimalistiese, moderne ontwerp!

Komand - Minimal PPT Business Theme

13. Socran – Skoon & Moderne PowerPoint Templaat

Of jy wil uitstaan as ‘n idee leier of as jy ‘n nuwe kliënt oor wil wen, moet jou idees gehoor word. Saran is ‘n moderne PPT templaat, met baie funksionaliteit maar ‘n minimalistiese ontwerp styl wat jou help om op jou boodskap te fokus.  Dit het ‘n kreatiewe, maar skoon ontwerp, om jou gehoor geïnteresseerd te hou en om jou boodskap duidelik oor te dra.

Hierdie kreatiewe PPT templaat het meer as 100 unieke skyfies, ‘n verskeidenheid data gedrewe kaarte, toestel voorbeelde en infografika.  Dis heeltemal aanpasbaar in PowerPoint so jy kan vinniger werk en sluit funksies in soos outomatiese aanpassing van prentjies (grootte, deursigtigheid, vorm en meer). Kry dit nou!

Socran - Clean Modern PPT Template

14. Helix – Eenvoudige PPT Aanbieding Templaat

Hierdie minimalistiese PowerPoint aanbieding templaat het ‘n eenvoudige ontwerp. Daar is 80 unieke skyfie ontwerpe om mee te werk en meer as 400 fonts. Hierdie templaat het ‘n paar robuuste funksies, sonder oorweldigende opsies.

Dis ontwerp vir gebruikers gemak, so jy kan maklik die professionele uitlegte, infografika, toestel voorbeelde of plekhouers aanpas. Skep jou besigheid aanbieding vandag!

Helix - Simple PowerPoint Presentation Template

15. Cascada – PowerPoint Besigheids Tema

Cascada is ‘n veelsydige PowerPoint templaat met ‘n eenvoudige, funksionele gevoel. Hiermee kan jy amper enige tipe aanbieding skep, van fonds insamelings, resensies, mark navorsing, of span opleiding.  Daar is 120 kreatiewe skyfies met ‘n verskeidenheid uitleg opsies. Dis gemaak met skoon, maklik aanpasbare kleur style en sluit ‘n Slim Ikoon Biblioteek in.

Cascada - Simple PowerPoint Business Theme

16. Swiss Styl – Minimalistiese PowerPoint Templaat

Hierdie Swiss styl PowerPoint templaat is ‘n klassiek vanaf ons Envato Mark argief. Dis geskep deur Elite skrywer DMXdesign. Die uitleg styl is minimaal, en dit bied interessante gebruik van tipografie en vorms.

Hierdie kontemporêre PPT templaat werk goed vir persoonlike of korporatiewe gebruik. Dit sluit subtiele animasies, prentjie en teks plekhouers en slim objekte in wat maklik aanpasbaar is met Photoshop leêr wat ingesluit is.

Swiss Style - Minimal PPT Template

17. Mevo – PowerPoint Aanbieding Templaat

Mevo PPT aanbieding templaat het 100 unieke skyfies. Dis ontwerp met ‘n minimalistiese styl, maar bestaan uit ‘n veskeidenheid kreatiewe funksies, insluitende ‘n volle verskeidenheid van: skyfie uitlegte, kleur opsies, ikone, infografiese opsies, kaarte, grafieke en meer.

As jy komplekse inligting het om te lewer, kan hierdie templaat jou help om dit te vereenvoudig met net die regte skyfie vir elke komponent van jou inligting. Op hierdie manier kan jy jou idees in jou aanbieding rangskik en jou gehoor betrek! 

Mevo - PPT Presentation Template

18. Mark02 – Moderne PowerPoint Templaat

As jy ‘n kreatiewe konsep moet lewer, ‘n besigheids gehoor moet betrek, of jou kollegas wil beïndruk, is hierdie multidoel aanbieding templaat ‘n goeie keuse. Mark02 het ‘n minimalistiese, kreatiewe estetiese gevoel met meer as 280 unieke skyfie ontwerpe.

Dis fantasties as jy ‘n groot verskeidenheid skyfie uitleg opsies benodig om jou aanbieding mee te bou. Dit bied ‘n goeie kombinasie skyfie uitlegte soos: span, tydlyne, diens bladsye, toestelle, prys tabelle, gallery uitstallings, infografika, kaarte, siklusse, gestruktureerde data, inligting en meer.  

Mark02 - Modern PPT Template

19. Eenvoudige PPT – PowerPoint Aanbieding Ontwerp

Die Eenvoudige PowerPoint templaat is ontwerp deur Elite skrywer inspirasie. Gebruik dit vir korporatiewe finansiële aanbiedings of meer kreatiewe besigheid aanbiedings.  Terwyl dit propvol ontwerp opsies is, is die opset maklik om mee te werk. Die PPT leêr is gebasseer op Meester Skyfies, met maklik aanpasbare SmartArt en een-klik kleur veranderinge. 

Daar is meer as 100 unieke skyfie ontwerpe, met ‘n volle seleksie van kreatiewe uitlegte. As jy opsoek is na ‘n skoon tema met ‘n kombinasie van illustrasies, infografika en besigheid skyfies, dan is hierdie Eenvoudige PPT templaat ‘n wenner – kry dit nou!

Simple PPT - PowerPoint Presentation Design

20. Hipster – Moderne PowerPoint Aanbieding Templaat

Hierdie is ‘n pragtige PPT templaat, met ‘n stylvolle minimalistiese ontwerp ‘n goeie balans van kreatiewe elemente. Dis gepak met energieke ontwerpe teenoor beeldskone agtergrond.  Dit bied ook meer as 100 hand gemaakte skyfie ontwerpe, onweerstaanlike fotografie, moderne fonts en skoon uitlegte.  As jy ‘n kreatiewe of innoverende besigheids aanbieding het om te lewer, is hierdie PowerPoint templaat ‘n interessante een om mee te werk!

Hipster - Modern PPT Presentation Template

3 Eenvoudige PowerPoint Aanbieding Wenke

Hier is drie vinnige aanbieding wenke. Hulle sal jou help om ‘n duidelike aanbieding te skep met ‘n minimalistiese ontwerp. Dit sal ook help om ‘n onvergeetlike visuele storie te vertel met ‘n gefokusde aanbieding.

1. Begin Met ‘n Minimalistiese PPT Templaat

Jy wil ‘n eenvoudige PowerPoint templaat kies wat by jou benodighede pas. Die styl moet ook by jou handelsmerk pas, met ‘n ontwerp wat nie net aantreklik is nie, maar wat by jou besigheid pas.

Simple PPT Templates
Eenvoudige PPT Template – beskikbaar te koop op die Envato Mark (GraphicRiver)

Die template hierbo het almal ‘n minimalistiese styl, met kreatiewe skyfie ontwerpe, maar hulle verskil in kompleksiteit. Party is propvol funksies, terwyl ander basies is.

As jy jou aanbieding teen die einde van die week moet gee, kies ‘n templaat wat baie maklik is om mee te werk en wat beperkte funksies het, soos hierdie:

  • Die Eenvoudige PPT Templaat is ‘n goeie keuse in hierdie geval, omdat dit eenvoudige, funksionele ontwerpe bied, maar nie ‘n oorweldigende verskeidenheid opsies bied nie.
  • Of die Square PowerPoint templaat is ‘n stylvolle keuse met ‘n beperkte funksie stel.

Beide is vinnig om mee te werk om ‘n goeie aanbieding mee te skep. Enige een van hierdie PPT template kan vinnig aangepas word met ‘n professionele werksvloei.

Maar, as jy aanbiedings ontwerp vir jou agentskap, het jy baie meer opsies nodig. Jy kan ‘n skoon minimalistiese styl PowerPoint kry wat nog steeds propvol funksies is, soos: verskeie skyfie ontwerp opsies, infografika, gly en laat val werkvloei en meer.  In hierdie geval sal die moderne PowerPoint templaat Socran die beste keuse wees. Dis propvol funksies maar met ‘n minimalistiese styl ontwerp.

Wanneer jy ‘n templaat kies, moenie voel dat jy elke funksie moet gebruik wat hulle bied nie. Gebruik eerder net die funksies wat by jou aanbieding pas.

Leer meer oor hoe om ‘n PowerPoint templaat aan te pas in hierdie handleiding:

2. Onthou: Minder is Dikwels Meer Effektief

Gebruik ontwerp om jou punte saam te trek en jou gehoor deur jou aanbieding te lei.

Kies ‘n ontwerp vir elke skyfie wat die inhoud die beste sal pas. Infografika kan die beste wees vir aanbieding van data, waar ‘n vergelyking skyfie beter sal wees as jy wil wys hoe jou pryse kompiteer met die mededingers, en ‘n gallery kan jou span se produkte uitstal.  Werk met die skyfie uitleg wat die beste by jou boodskap pas.

Hou net in gedagte, ‘n minimalistiese skyfie ontwerp is makliker vir ‘n gehoor om te lees en verstaan. Hulle kan jou punte maklik volg en by hou met jou aanbieding.  Maak seker dat jy nie te veel inligting in een skyfie probeer prop of dit oordoen nie. Jy wil nie te veel visuele hulpmiddele of teks hê nie, hou eerder jou skyfie ontwerpe gefokus.

Vermy ophoping en verwarring, mik vir duidelikheid. Leer meer oor hoe om ‘n effektiewe aanbieding te skep in hierdie handleiding:

3. Fokus Jou Aanbieding Boodskap

Ontwerp is nie die enigste aspek om gedagte te hou met jou aanbieding nie. Jou boodskap is die drywer, en die ontwerp is net die voertuig waarin dit ry. Ontwerp ondersteun jou punte, maar jy moet eers ‘n goeie storie hê.

Om ‘n interessante storie te begin skep vir jou aanbieding, moet jy jou gehoor eerste plaas. Jy moet hulle aandag hou, hulle behoeftes aanspreek en hulle verwagtinge behaal. Neem in ag:

  • Hoekom woon hulle jou aanbieding by?
  • Watter vrae kan hulle hê?
  • Hoe hulle kan reageer teenoor jou primêre boodskap?

Hoe meer van hierdie punte jy aanspreek, hoe beter gaan jou aanbieding wees. Leer meer oor hoe om ‘n oortuigende aanbieding te skep:

Moenie begin ontwerp as jy nog nie jou aanbieding geskryf het nie, of die boodskap onduidelik is of die data nog nie reg is nie. En maak seker dat jy ‘n interssante standpunt het en ‘n storie om te vertel.

Spandeer dan tyd om jou aanbieding meer eenvoudig te maak sodat jou gehoor dit maklik sal verstaan. As jou boodskap onduidelik is, moet jy dit vereenvoudig. As jy te veel in ‘n skyfie het, maak dit minder. Leer meer oor hoe om ‘n PowerPoint aanbieding te skryf:

Skep ‘n Eenvoudige, Effektiewe PowerPoint Aanbieding

Om aan te bied met duidelikheid help jou om gesag en vertroue met jou gehoor te skep. ‘n Konneksie met jou gehoor laat jou toe om jou konsepte duidelik te maak en jou punte uit te laat staan, wat lei tot nuwe kliënte!

As jy verdere inligting benodig oor hoe om ‘n interessante aanbieding te skep, hier is ‘n paar addisionele PowerPoint Wenke:

Kry jou Eenvoudige PowerPoint Templaat Vandag!

‘n Minimalistiese styl PowerPoint is ‘n goeie keuse vir ‘n verskeidenheid aanbiedings. Ons het ‘n hele paar PPT Template om van te kies op die Envato Mark en blaai deur ons beste verkopers.  Leer hoe om vinnig jou PowerPoint templaat aan te pas en begin jou aanbieding met ‘n professionele ontwerp!

Advertisement
Advertisement
Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.