Unlimited Powerpoint templates, graphics, videos & courses! Unlimited asset downloads! From $16.50/m
Advertisement
  1. Business
  2. Proposals
Business

15 Beste Besigheids Voorlegging Template: Vir Nuwe Kliënt Projekte

by
Length:LongLanguages:

Afrikaans (Afrikaans) translation by Mel (you can also view the original English article)

Een van die belangrikste eienskappe wat klein besigheid eienaars, eenmansake en vryskutte in enige industrie moet besit, is om die perfekte voorleggings te kan maak. Voorleggings is absoluut essensieël tot jou sukses, omdat hulle die krag besit om nuwe kliënte en projekte te lok wat jou mark en inkomste kan vergroot.

Die sukses en inkomste van enige besigheid word bepaal deur die kliënte basis, maar soms hou ou kliënte op om gereelde besigheid te verskaf. Dit is hoekom dit baie belangrik is om oortuigende, hoë kwaliteit voorleggings op 'n gereelde basis aan verskeie potensiële kliënte te verskaf, om altyd jou deure oop te hou as 'n klein besigheid. 

Business Proposal Template Example
Professionele Besigheids Voorleggings.

Die sukses van 'n goeie voorlegging berus ook op hoe jou voorlegging lyk en hoe jy dit aanbied. 'n Professionele besigheid voorlegging templaat sal jou help om 'n nuwe kliënt projek te kry en die ooreenkoms te sluit.

Ons het 'n verskeindenheid professionele ontwerpte besigheids voorlegging template op die Envato Mark, soos hierdie beste verkopers hieronder (met meer in die volgende afdeling):

Best Business Project Proposal Templates
Die Beste Besigheids Voorlegging Template - beskikbaar vir aankope op die Envato Mark (GraphicRiver)

Die regte projek voorlegging kan die verskil wees tussen nuwe kliënte wat jy nodig het, en om uit te mis op goeie besigheids geleenthede.

Pro Besigheids Projek Voorlegging Template

Hierdie 15 besigheids voorlegging template van die Envato Mark het goeie ontwerpe en professionele kenmerke. Hulle het multi-bladsy ontwerpe wat al die komponente bevat wat nodig is om 'n afgeronde projek voorlegging te maak.

Gebruik een vanaf die saamgestelde seleksie om 'n goeie indruk te maak op nuwe kliënte, wat lei tot beter projekte en meer verkope.

1. Professionele Besigheids Voorlegging Templaat

Hierdie besigheids voorlegging templaat is net wat jy nodig het wanneer jy probeer om 'n paar nuwe projekte los te slaan. Dit is 'n top verkoper wat handig sal wees vir die ambisieuse entrepreneur wat sy droom kliënt of projek probeer kry.

Prop-vol oulik georganiseerde en maklik om te lees kolom uitlegte, hierdie templaat sal verseker dat jou voorlegging se hoof punte uitspring wanneer jou kliënte hul oë daarop rig. Dit bied 12 bladsye, is druk-reg, kom met InDesign INDD grafika lêers, ses vooraf gedefinieerde kleur temas en verniet fonts.

Professional Business Proposal Template Design

2. Suisse Styl - Besigheids Voorlegging Ontwerp

Voorlegging template soos hierdie slim keuse kan jou kanse verbeter om met jou droom kliënte te werk soos jy nog altyd wou. Die hoogs professionele voorkoms en slanke aanbieding sal jou potensiële kliënte se aandag hou en sal jou voorlegging die tyd en respek bied wat dit verdien.

Hierdie 16 bladsy templaat bied vier unieke kleur variasies aan saam met Microsoft Word, Photoshop en InDesign leêrs, wat alles deel vorm van die pakket. Met sy ruim gebruik van wit spasies en minimalistiese benaderimg tot teks formatering uitleg, is die Suisse Styl Voorlegging seker om you besigheids voorlegging gunstig te laat voorkom.

Simple Business Proposal Design

3. Kreatiewe Projek Voorlegging Templaat

Goed vir kreatiewe besighede soos eenmansake en vryskutte, hierdie fantastiese voorlegging templaat is gemaak in Apple Pages, Microsoft Word en Adobe InDesign. Beskikbaar in beide Letter en A4 groottes, hierdie voorlegging bied aanpasbare fonts en kleure aan, sodat jy dit kan verbeter om presies jou besigheid se persoonlikheid en styl te weerspieël. Dit is 'n volle belaagde templaat, wat multi-rooster kolomme bevat vir maklike leesbaarheid en 'n skoon ontwerp. Dit is gerangskik in leesbare paragraaf style vir maximum aandag behouding.

Creative Project Proposal Template Set

4. Skoon Besigheid Projek Voorlegging Templaat

Skoon, minimalisties en skerp domineer die indruk wat jy kry wanneer jy deur hierdie ongelooflike projek voorlegging templaat lees. Baie goed vir 'n professionele voorkoms vir jou besigheids voorlegging wat jou sal help om meer nuwe kliënte te kry. Dit bied 'n goed georganiseerde inhouds aanbieding vir gemaklike leesbaarheid.

Die eind resultaat is a seën vir ambisieuse entrepreneurs en klein besigheids eienaars, wie se projek voorleggings vir lank nadat hul mededingers s'n vergeet is, onthou sal word. Dit is beskikbaar in US Letter en A4 groottes, saam met verniet fonts en is verskriklik maklik om aan te pas en te gebruik.

Clean Business Project Proposal Template

5. Oortuigende Projek Voorlegging Templaat Stel 

'n Ideale besigheids voorlegging templaat vir klein besigheid eienaars en kreatiewe entrepreneurs wat altyd hul kliënte basis wil vergroot. Dis skerp, goed ontwerp en is gevul met verskeie componente wat sal help met professionele oortuiging.

Dit bied 36 bladsye altesaam en 8.5 by 11 duim druk dimensies aan. Hierdie templaat sal die aandag van potensiële kliënte en toekomstige besigheids vennootskappe hou met sy stylvolle en lewendige inhouds uitleg en aanbieding. Hierdie is 'n moet vir enige ernstige entrepreneur. Dit kom met InDesign INDD grafika leêrs en is ontwerp vir Microsoft Word en Adobe InDesign.

Persusive Business Project Proposal Template Set

6. Die Besigheid's Plan Voorlegging Templaat

Die Besigheids Plan Voorlegging bied die gebruiker 'n voorlegging aan wat nuwe kliënte dadelik die indruk van professionalisme laat besef. 'n Moderne, skoon en kreatiewe besigheids voorlegging templaat, hierdie templaat bied beide A4 en US Letter groottes en bied ook 24 aanpasbare bladsy altesaam. Dit wys lesers ook 'n ses-kolom rooster uitleg wat leesbaarheid en aandaghouding verbeter.

Jy kan verseker wees dat jy altyd in beheer van jou handelsmerk se identiteit sal wees, met hierdie templaat wat heeltemal aanpasbaar is in verband met beide teks en kleure. Jy kan hierdie templaat vrylik gebruik vir enige industrie voorleggings.

The Business Plan Proposal Template Design

7. 40 Bladsye Projek Voorlegging Templaat Stel

So ver as wat voorlegging template gaan, hierdie multi-bladsy voorlegging stel is een wat elke poging om potensiële kliënte te kry meer effektief maak. Met die skoon en slim ontwerpte uitleg, help hierdie voorlegging jou kliënte om hul fokus te rig op die belangrike besonderhede van jou voorlegging, wat hulle toelaat om jou belangrikste punte te onthou.

Met lewendige spatsels van kleur vir effektiewe kontras skepping, hierdie templaat is 'n wenner, maak nie saak wat die klem van jou voorlegging is nie. Dit is heeltemal aanpasbaar op Microsoft Word, Adobe InDesign en Illustrstor.

40 Pages Business Project Proposal Template

8. Besigheids Opdrag Templaat Ontwerp

Hierdie ster van 'n besigheids voorlegging templaat is baie verfrisend aangesien dit fokus op die aanbieding aan jou potensiële kliënte. Baie ander template maak staat op 'n groot nommer bladsye om jou idees te help uitstal, en hul sterk punte en kreatiwiteit uit te lig vir kliënte, maar die Besigheids Opdrag Templaat gaan heeltemal in die ander rigting. 

Met net vier bladsye, laat hierdie templaat die gebruiker toe om te fokus op die belangrikste inisiatiewe en om vinnig die punt te bereik. Beskikbaar in beide A4 en US Letter groottes, hierdie dokument is ideaal vir kreatiewe voorleggings wat verband hou met Web ontwerp, advertering, SEO en grafiese ontwerp, onder andere.

Business Brief Proposal Template Design

9. 36 Bladsy Vol Voorlegging Pakket - A4/US Letter

Met 36 bladsye propvol roosters, kolomme, kaarte en tabel uitlegte, bied hierdie volle voorlegging pakket goeie kwaliteit vir sy prys aan. Dit maak dit die ideale voorlegging vir aanbiedings wat lank en vol besonderhede is vir potensiële kliënte, wat definitief die ekstra informasie sal waardeer wat jy in hierdie voorlegging saam gestel het. Perfek vir klein besigheids eienaars, entrepreneurs en vryskutte. Hierdie besigheids templaat bied vrye fonts en bevat InDesign INDD grafika leêrs.

36 Page Full Proposal Package - A4US Letter

10. Stylvolle Besigheid Projek Voorlegging Stel

As jy opsoek is na 'n besigheids templaat wat die beste van wit spasies maak, en wat inhoud netjies in maklik leesbare paragrawe rangskik, dan is hierdie Stylvolle Besigheids Voorlegging net wat jy nodig het.

Met 'n skoon ontwerp met goeie grafika en 'n minimalistiese styl, laat dit jou toe om jou kreatiewe voorleggings uit te stal in die mees oortuigendste lig moontlik. Jou kliënte sal dit geniet om deur hierdie voorlegging te blaai want al die informasie word aangebied in 'n mooi en leesbare manier.

Stylish Business Project Proposal Templates

11. Oortrek Voorlegging Templaat Ontwerpe

Hierdie 28 bladsy dokument is perfek vir nuwe opwindende voorleggings vir jou kliënte. Die eennvoudige maar effektiewe ontwerp beteken dat jy volle beheer oor die finale voorlegging het, te danke aan die totale aanpasbare teks en kleure in hierdie templaat. 

Die voorkoms is goed georganiseerd met a 12 kolom rooster en 'n ses punt basislyn rooster. Hierdie produk kom met vector info-grafika, meester blaaie, karakter en paragraaf style en werk met Adobe InDesign CS4 tot CS6.

Overlay Business Proposal Template Designs

12. Multi-doel Ontwerpe - Besigheids Voorlegging Templaat

Hierdie nuttige 24-bladsy besigheids dokument is net wat klein besigheids eienaars benodig om oortuigende voorleggings aan te bied vir nuwe kliënte. Die verskillende lae en rooster gebasseerde uitleg verseker dat jou aanbieding se belangrikste punte maklik gesien en onthou sal word deur jou lesers.

Met 'n kleurskema wat gebasseer is op kontras om belangrike inhoud uit te lig, bied hierdie multi-doel Besigheids Voorlegging aanpasbaarheid in Microsoft Word en Adobe InDesign aan. Dit is druk-reg en stel die gebruiker in staat om kleure aan te pas met net een klik.

Multipurpose Business Proposal Template

13. Verdeelde Voorlegging Templaat - Met Kreatiewe Ontwerp

Hierdie lieflike en kreatiewe besigheids voorlegging laat die gebruiker toe om hulle merk se kleur te laat skyn, te danke aan die aanpasbare opsies. Die swatch palet laat jou toe om die kleur waarde aan te pas by jou besigheid se kleur, wat hierdie besigheids voorlegging 'n persoonlike gevoel gee, wat kliënte laat weet dat jy ernstig is.

Met vier duidelike voorblad kleur weergawes, bied hierdie besigheid templaat InDesign INDD grafiese leêrs aan wat jou kanse drastiese verhoog om die nuwe werk los te slaan. Dit kom met a 12 kolom rooster, US Letter en A4 groottes en het vrye fonts. 

Divided Proposal Template Creative Design

14. Die Voorlegging - Buigbare Besigheid Templaat Stel

Hierdie 20-bladsy aangepasde dokument bied volle aanpasbare teks, objekte en kleur aan, wat dit 'n baie veelsydige templaat maak om te gebruik om jou droom werk te kry. Beïndruk jou toekomstige kliënte met 'n goed geskryfde en goed aangebiede besigheids voorlegging wat jou klein besighied se unieke trekke sal uit lig. 

Te danke aan die rooster uitleg, kan jou kliënte effektief deur die relevante informasie lees wat jou voorlegging aanbied met gemak. Die goed georganiseerde aanbieding laat jou lesers toe om effektief die inhoud te sien en self die belangrike informasie uit te kies.

The Proposal - Flexible Business Template Design

15. 28 Bladsy, Volle Besigheids Voorlegging Pakket - A4/US Letter

Die sukses van enige oortuigende en onvergeetlike besigheids voorlegging berus soveel op die aanbieding, as wat dit op die skrif doen. Hierdie skouspelagtige besigheids voorlegging templaat bied 'n skoon, minimalistiese en goed georganiseerde uitleg wat jou lesers bemagtig om die mees relevante statestieke, feite en informasie raak te sien in jou aanbieding.

Entrepreneurs is mal oor die buigbaarheid en aanpasbaarheid van hierdie templaat vir al hul nuwe voorleggings. Dit kom met Microsoft Word, Excel en Adobe InDesign leêrs vir ongelooflike nuttigheid.

Full Business Proposal Template Package Design

Hoe om Perfekte Besigheids Voorleggings te Skryf

Alhoewel aanbieding geld, soos jy met hierdie voorlegging template kon sien, is dit nie al wat saak maak nie. Selfs met hierdie fantastiese besigheids voorlegging template, is die inhoud nog steeds krities, en dit is jou verantwoordelikheid om dit te skryf. Hier is 'n paar handige wenke om te onthou wanneer jy die perfekte projek voorleggings skryf:

1. Vorm 'n Band met Jou Nuwe Kliënt deur Hul Situasie te Beskryf

Beskryf die huidige situasie of probleem wat jou toekomstige kliënte nou in die gesig staar. As hulle, byvoorbeeld, opsoek is na 'n beter ontwerpte webtuiste om hul omskakeling tariewe op te bring, moet jy jou voorlegging begin deur die uitdagings wat hulle ervaar te indentifiseer.

2. Verduidelik Hoe Jy Hulle Probleem Gaan Oplos 

Wees 'n probleem oplosser. Verduidelik jou doel en die metode waarop jy jou toekomstige kliënte se probleme gaan oplos vir hulle. In die bogenoemde voorbeeld is daar dalk nie genoeg A/B toetsing om te bepaal watter bladsy ontwerp die beste werk en watter nie. Jy kan dit dalk offer as deel van jou strategie om hul arme omskakelende webwerf reg te stel.

3. Verduidelik die Koste en Tyd Verbonde

Geen kliënt hou daarvan om oor hul begroting te gaan in enige werk of projek nie, maar alle kliënte waardeer dit om te weet presies hoeveel tyd en geld van hul verwag word as hulle hierdie spesifieke projek kies. Stel duidelik die tydlyn van wanneer en hoe jy wat gaan doen met die beste skatting.  Gaan jy aan die begin van volgende maand onderhoude voer met jou kliënte om uit te vind waar die plek geld verloor? Gaan jy begin aanpassings maak aan jou ontwerp kort daarna?

4. Eindig met Selfvertroue

Hier is jou kans om jou potensiële kliënt te oortuig om jou voorlegging te kies bo ander. Beklemtoon suksesvolle projekte wat julle al vir ander kliënte gedoen het in die verlede en moenie skaam wees om jou sterk punte uit te wys nie.

5. Gebruik Professionele Oortreksels

Handig jou besigheids voorlegging behoorlik in deur gebruik te maak van professionele oortreksels. Maak ook seker dat jy verskeie kopieë inhandig sodat die hele besluitnemingspan hul eie fisiese kopieë besit.

Additionele Besigheids Voorlegging Hulpbronne

Hier is twee goeie hulpbronne om jou te help 'n suksesvolle besigheids voorlegging skryf:

Maak 'n Fantastiese Besigheids Voorlegging! 

Wanneer jy 'n voorlegging skryf, vat jy regtig beheer van die toekoms van jou klein besigheid en handelsmerk, so jy moet hard dink aan die  voorbereiding van die finale aanbieding.

'n Beeldskone en goed geskryfde voorlegging kan veroorsaak dat jy die nuwe kliënte, werk en projekte waarvan jy net kon droom, in jou bereik kan bring. Alles lei tot jou klein besigheid wat uitbrei en bekend word, wat die eind-doel hiervan is.

Om jouself 'n voordeel te gee wanneer jy die besigheids projek voorleggings aan nuwe kliënte bied, maak seker om een van ons besigheids voorleggings template van die Envato Mark te gebruik en kry daardie nuwe projek met baie self vertroue.

Advertisement
Advertisement
Looking for something to help kick start your next project?
Envato Market has a range of items for sale to help get you started.